Agri SA Adjunk die nuwe Agri SETA Direksievoorsitter

Submitted by Rolina Vorster on Wed, 04/04/2018 - 11:09
Christo-van-der-Rheede-Agri-SA

Agri SA is trots om Christo van der Rheede geluk te wens as die nuwe Voorsitter en Neil Hamman as nuwe direksielid van Agri SETA direksie. Agri SETA is ‘n staatsagentskap en is verantwoordelik vir die administrasie en befondsing van opleidingsprogramme binne die landbousektor. Agri SETA se begroting vir opleiding in die 2018/19 finansiële jaar beloop R373 miljoen, wat uiteraard ‘n wesenlike hupstoot vir landbou-ontwikkeling kan wees.

Christo dien sedert Februarie 2017 op die Agri SETA direksie en het reeds in samewerking met die uittredende direksie werk gemaak om allerlei beweerde wanadministrasie in die agentskap hok te slaan. Sy agtergrond is in onderwys en opleiding en hy is tans Adjunk Uitvoerende Hoof by Agri SA waar hy vir onder meer vir transformasie binne landbou verantwoordelik is. Die aanstelling spreek tot die erkenning wat beide Christo en Agri SA as betroubare vennote binne landbou geniet.  

Neil is ‘n wynboer in die Breederiviervallei-streek in die Wes-Kaap Provinsie en dien ook as Voorsitter van die Arbeid en Ontwikkelingskommittee by Agri SA.

“Ons glo dié aanstellings en samewerking tussen Agri SETA en kommersiële landbouinstellings wat bydra tot die fonds, sal die landbousektor se vertoue in dié instelling verbeter,” sê Christo van der Rheede. “My onmiddelike prioriteit is om te verseker dat fondse effektief aangewend word sodat opleidingsprogramme ‘n groot impak maak. ‘n Ander bron van kommer is dat die meerderheid landbou-kolleges nie oor genoegsame lektore met die regte kwalifikasies beskik nie. Ons sal daarom kundigheid op groot skaal moet mobiliseer om die volhoubaarheid en lewering van topklas nuwe toetreders tot die sektor oor die langtermyn te verseker.”

Agri SA, deur sy filiale en landboumaatskappye, lewer ‘n geskatte 95% van Agri SETA se jaarlikse bydraes.

 

Agri SA

Share Everywhere