Hoërskool Ermelo se 2018 matriekuitslae maak Erries trots

Submitted by Rolina Vorster on Fri, 01/04/2019 - 10:47
matrieks2018

Foto: Lydia Landman en Jenna Lewis.

Die 2018 matriekgroep van EHS het, soos dit die Erries betaam, goed presteer tydens die NSC-eindeksamen.

EHS-leerders spog met Baccalaureus van 73% en 21% wat kwalifiseer vir verdere tersiêre opleiding. Dus slaag 94% van die EHS se leerders met universiteitstoelating. Die slaagsyfer van 99% is weereens ‘n bewys van EHS onderwysers en leerders se toewyding, deursettingsvermoë en harde werk.

Uit ‘n groep van 101 matrikulante word ‘n totaal van 99 A-simbole en ‘n merkwaardige 146 B-simbole behaal.

Die volgende vakke behaal goeie vakgemiddeldes:
Musiek (76%)
Lewensoriëntering (75%)
Visuele Kuns (75%)
Siviele Tegnologie (72%)
Geskiedenis (71%)
Toerisme (70%)
Afrikaans Eerste Addisonele Taal (69%)
English First Additional Language (69%)
Afrikaans Huistaal (65%)
Geografie (65%)
Inligtingstegnologie (65%)
Wiskundige Geletterdheid (61%)
Rekeningkunde (60%)
Ingeneurs-grafika en –ontwerp (60%)
Ekonomie (58%)
Wiskunde (55%)
Fisiese Wetenskap (50%)

 

EHS het twee leeders wat elk vyf onderskeidings behaal het:

Lusanti Brundyn: Musiek (91%), Lewensoriëntering (90%), Engels Eerste Addisionele Taal (88%), Lewenswetenskap (84%), Afrikaans Huistaal (80%), Wiskunde (78%) en Fisiese Wetenskappe (78%).

Lydia Landman: Geskiedenis (95%), Lewensoriëntering (90%), Rekeningkunde (89%), Afrikaans Huistaal (84%), Wiskunde (83%), Engels Eerste Addisionele Taal (78%) en Fisiese Wetenskappe (70%).

 

matrieks-ermelo
Foto: Charl Rautenbach, Jenna Lewis, Lydia Landman en Vandré Swart.

 

Leerders wat spog met vier onderskeidings, is:

Jenna Lewis: Geskiedenis (99%), Lewensoriëntering (91%), Fisiese Wetenskappe (87%), Engels Eerste Addisionele Taal (83%), Afrikaans Huistaal (79%), Wiskunde (79%) en Lewenswetenskap (77%). Jenna spog met die hoogste gemiddeld van 2018 se matrieks met ‘n pragtige 85%.

Charl Rautenbach: Wiskundige Geletterdheid (90%), Lewensoriëntering (87%), Geografie (84%), Geskiedenis (84%), Landbouwetenskap (76%), Engels Eerste Addisionele Taal (75%) en Afrikaans Huistaal (71%).

Vandré Swart: Geskiedenis (90%), Visuele Kuns (88%), Lewensoriëntering (87%), Engels Eerste Addisionele Taal (81%), Ingeneurs-grafika en –ontwerp (77%), Afrikaans Huistaal (75%), Wiskunde (63%) en Fisiese Wetenskappe (60%).

Berné de Kock, Elbeth Badenhorst, Deoline Cronjé, Willie Greyling, Sorita Holtzhausen en Franchoné Mulder behaal elk drie onderskeidings.

Hoewel die EHS nie 100% slaagsyfer het nie, is die Hoof en personeel dankbaar vir elke Errie wat sy/haar deel gedoen het en is ons oortuig dat die leerder wat die her-eksamen gaan skryf wel ons slaagpersentasie na 100% sal opskuif.

Met dank aan ons Hemelse Vader vir krag, leiding en genade aan 2018 se matriekgroep, groet ons hulle met wense van voorspoed en seën vir hulle toekoms. Die Erries is trots op julle!

Share Everywhere