EHS-leerders presteer uitstekend by verskeie redenaars-kompetisies

Hoërskool Ermelo Wapen Nuus

Ten spyte van die uitdagings wat die inperkingstyd ook aan die Erries gestel het, het dit die Erries nie gestuit nie.

EHS se leerders het aan ‘n verskeidenheid kultuurgeleenthede deelgeneem en oudergewoonte uitstekend presteer.

Gedurende die Con Spirito-kompetisie waaraan die leerders aanlyn kon deelneem via Zoom, Team of WhatsApp video-oproepe oor ‘n geruime tyd. Hier het verskeie leerders goed presteer:

Johnke Prinsloo behaal 95% vir Afrikaans Eerste Taal voorbereide redenaars, eie keuse. Sy behaal ook 95% vir English Additional Language prepared public speaking, own choice. Johnke is aangewys as itemwenner in laasgenoemde. Vir Afrikaans Drama, limeriek, behaal sy 96% en vir English Drama, limerick behaal sy 92%.

Leandri Viviers behaal 98% vir beide Afrikaans Eerste Taal voorbereide redenaars, eie keuse en Afrikaans Eerste Taal onvoorbereide redenaars. Sy word ook aangewys as itemwenner in beide items.

Zané du Plessis behaal 90% in Afrikaans Eerste Taal onvoorbereide redenaars. Nielen Greyling behaal 90% en 86% in ongedramatiseerde poësie, eie keuse, onderskeidelik Afrikaans Eerste Taal en English Additional Language.

Chrizanne Joubert behaal 96% vir Afrikaans Eerste Taal voorbereide redenaars, eie keuse en gaan deelneem aan die Afrikaans Eerste Taal voorbereide lees later die jaar.

Anke Kruger behaal 85% in Afrikaans Eerste Taal ongedramatiseerde poësie, eie keuse.

Vir radikale redenaars moes die leerders video’s instuur van hul toesprake. Hier volg die uitslae:

Danielle Koçaj behaal ‘n A-simbool vir Afrikaans Huistaal voorbereide redenaars.

Marice de Jager behaal A+ simbole vir beide Afrikaans Huistaal voorbereide redenaars en voorbereide prosa lees.

Chrizanne Joubert behaal ‘n A-simbool vir Afrikaans Huistaal voorbereide poësie lees en twee A+ simbole vir beide Afrikaans Huistaal voorbereide redenaars en Afrikaans Huistaal voorbereide prosa lees. Vir laasgenoemde items behaal Chrizanne eerste plekke in Mpumalanga en dring deur na die nasionale finaal.

Vir Afrikaans Huistaal voorbereide redenaars behaal Marnus Marx ‘n A+ simbool.

Elf EHS-leerders het vanjaar deelgeneem aan die landswye Oppie-Tong-Af Redenaarskompetisie. Vier van hierdie leerders neem in die spanredenaars-afdeling deel wat DV eers in September plaasvind. Sewe leerders het egter van 23-24 Julie via die Blue Jeans-toepassing provinsiaal meegeding en hul uitslae was as volg:

Zané du Plessis: 85% (A+) onvoorbereide toespraak, Günther Badenhorst: 88% (A+) oorredende toespraak, Divana Smit: 89% (A+) oorredende toespraak, Johnke Prinsloo: 89% (A+) oorredende toespraak & persuasive speech, Mienke Cloete: 90% (A++) oorredende toespraak & Goue Tong, Raees Tikly: 90% (A++) motivational speech en Leandri Viviers: 91% (A++) oorredende toespraak.

Van hierdie leerders dring drie deur na die nasionale finaal wat van 1-2 Oktober te Midstream of aanlyn gaan plaasvind. Hartlik geluk aan Mienke Cloete (Goue Tong), Johnke Prinsloo (persuasive speech) en Leandri Viviers (oorredende toespraak). Die Erries is baie trots op julle en wens julle alle sterkte toe met jul voorbereiding vir die finale ronde!

Four Erries have been selected for the semi-final round of the South African Literacy Association (SALA)-public speaking competition of 2020. Leandri Viviers (grade 11) and Zaneké Ludkick (grade 9) both received an A symbol for English First Additional Language. Raees Tikly (grade 9) and Imani Mathebule (grade 8) both received an A+ symbol for English Home Language.

Tydens Podiumpret se aanlyndeelname het Chrizanne Joubert goud nehaal vir beide ervare redenaars, asook poësie lees. Sy dring ook deur na die nasionale finaal.

Baie geluk aan elke Errie wat die moed het om steeds met selfvertroue hul sê te sê in hierdie uitdagende tyd waarin almal hulself bevind. Hoërskool Ermelo is met reg trots op elkeen.

Leave a Reply

%d bloggers like this: