Skip to main content

Errieraad 2020 begin vroeg met hul projek

1
0

(vlnr): Mnr. SP Grobler (EHS Hoof), Zara Büchling, GJ Swart, Jacques Potgieter, Vosjan Grey, Gawie Diedericks en Christiaan van der Merwe.

Nie in skooluniform vanskyn (vlnr): Colin Odendaal van PHI & Oosvaal-Landbou, Jaco Spies van Westfert Agri, Jaco van Huyssteen van JVL, Derick Möll van Dekalb en Ignus van Rooyen ook van Dekalb.

Hoërskool Ermelo kry ‘n kafeteria! Die Errieraad van 2020 gaan hierdie droom vir die Erries bewaarheid en as fondsinsamelingsprojek, plant hulle op 30 Oktober 2019 30 hektaar gmo-vrye witmielies onder spilpunt. Alle insette is geborg en die volle opbrengs gaan vir die kafeteria gebruik word.

Die Erries bedank graag die volgende borge vir hulle insette. Sonder hulle sou die projek nie moontlik gewees het nie. Hoërskool Ermelo is opreg dankbaar vir elkeen se betrokkenheid.

Saad:
Colin Odendaal van PHI.
Derick en Nelius Moll asook Ignis van Rooyen van Dekalb.

Onkruiddoder:
Collin Odendaal en Petrus von Wielligh van Oosvaal-Landbou.

Kunsmis:
Jaco Spies van Westfert Kunsmis.

Topbemesting:
Richard van Staden, Theuns Lamprecht en Petrus van der Merwe van Omnia.
Hans Jurie en Jannie van Aswegen van Kynoch.
Hein Barnard, Andrè van Niekerk en Nicolaas Botha van VS Agri.

Diesel:
Hannes van Dyk van Vermaas Brandstof.
Herman Brelage van FPS Bulk-diesel.
Bestuur van Winkelhaak-Verspreiders.

Vervoer van graan:
Koos Swart van JJPS Bulk Vervoer.

Oesversekering:
Pieter Venter van TPV Makelaars.

Die Erries is opgewonde oor die sukses van hierdie projek en sien uit om die oes in te samel.

Juan Badenhorst