Erries gebruik tegnologie om inteken tydens COVID-19 te vergemaklik

Siphesihle Mtsweni se QR-kode word geskandeer

Foto: Siphesihle Mtsweni se QR-kode word geskandeer.

Te wyte aan van COVID-19, is die inteken van leerders elke oggend ‘n groot uitdaging vir baie skole.

Die Erries is egter gerat om ook hierdie uitdaging so vlot as moontlik te laat verloop.

Professional Facebook Page Management for your business

Die Noord-Wes Universiteit het ‘n toepassing ontwikkel om die proses van intekening te vergemaklik. Die Tjop-Tjop-toepassing werk deur ‘n unieke QR-kode wat vir elke leerder ontwikkel is. Die leerders se kodes word geskandeer met al die nodige inligting van die betrokke leerder, sy/haar temperatuur en COVID-19 kontrolelys se antwoorde. Hierdie inligtigting word digitaal ingelees en gestoor in die wolk.

Foto: Edrich Beyer se QR-kode word geskandeer.

Hoërskool Ermelo is uiters opgewonde om suksesvol van hierdie toepassing gebruik te maak en so ‘n bydrae te lewer tot tegnologiese vooruitgang.

Leave a Reply

%d bloggers like this: